| |
View |
Aanslag op Huwelik
|
AANSLAG OP HUWELIK
Laat die huwelik in alle opsigte eerbaar wees... Heb.13:4
AANSLAG op huwelik ww. 'n poging om die orde van die huwelik te benadeel. Die Goddelik ingestelde huwelik (verbond huwelik) se reëls te skend, 'n
offensief teen huwelike,bombardement van onkuisheid, huweliksbeleëring deur die Bose
|
|
| |
View |
Aantreklik
|
AANTREKLIK
Aantreklik b.nw. Bekoorlik, aantrek soos 'n magneet na 'n stuk yster. Ook Innerlike skoonheid, onweerstaanbaar, verloklik, meesterlik aantreklik, aanvallig, bevallig, mooi
Elke mens het skoonheid maar nie almal sien dit nie.
En die dogter (Rebekka) was baie mooi van aansien, 'n jong meisie... Gen24:16
O, Mooiste onder die vroue... Hooglied 1:8
In dié tyd was Moses gebore en hy was wonderlik mooi... Hand. 7:20
Aantreklik kan ook van ander voorwerpe of entiteite gesê word soos: 'Ek vind Heartfelt Family Church en ander vernuwingskerke aantreklik met hulle akkurate boodskap vir ons tyd!" of ook "Daardie nuwe rooi Ferrari het aantreklike lyne en is nogal seksie!"
|
|
| |
View |
Aangenaam
|
AANGENAAM
Aangenaam b.nw. 'n persoonlikheid wat genot en plesier verskaf, innemend, goedgeaard, hoflik, welwillend, charismaties, opgevoed, vermaaklik, prettig, amusant, gesellig
Maklik om mee oor die weg te kom en gemaklik in 'n gesprek. Is ontspanne en informeel
Die woorde uit die mond van 'n wyse is aangenaam... Pred. 10:12
Laat julle woorde altyd aangenaam wees... Kol. 4:6
|
|
| |
View |
Aanpasbaar
|
AANPASBAAR
Aanpasbaar b.nw. bereid om soos nodig te verander volgens die eise wat aan jou gestel word. Met behoud v.d. eie en selfstandige, aanpasbaar is by en ontvanklik vir die nuwe, buigsaam,
Pas maklik in en is gemaklik in enige situasie
5Wees inskiklik teenoor alle mense. Die Here is naby. Php 4:5 NV
17Maar die wysheid wat van Bo kom, is allereers sonder bybedoelings, en verder is dit vredeliewend, inskiklik, bedagsaam, vol medelye en goeie vrugte, onpartydig, opreg. Jas 3:17 NV
|
|
| |
View |
Aanvaarding
|
AANVAARDING
Aanvaarding ww. Jou omstandighede soos teenslae, smart, pyn en vreugde aanvaar sonder om "jou speelgoed uit die kot te gooi". Deurstaan; skik in omstandighede, aanvaar jou oorwinning of neerlaag met opwinding.
24 Maar dit verseker Ek julle," sê Hy verder, "geen profeet word in die plek waar hy grootgeword het, aanvaar nie. Lukas 4:24
10 En Jesus antwoord hom: "Jy is die bekende leermeester van Israel en jy verstaan dit nie? 11Dit verseker Ek jou: Ons praat oor wat ons weet, en ons getuig oor wat ons gesien het, en tog aanvaar julle nie ons getuienis nie.Joh.3:10-11
En julle het die berowing van jou goed met blydskap aanvaar, omdat julle wis dat julle in julleself 'n beter en blywende besitting in die hemele het. Heb. 10:34
Teen 2010 sal Suid Afrikaners selfs nog minder belangstel in absolutes rakende die Christelike godsdiens en perspektiewe verkies waarin relatiewe waardes toeneem in geloofwaardigheid. Om sake in reg-verkeerd kategorieë te plaas sal baie mense afstoot, aangesien hulle aan die idee sal begin vasklou dat daar geen absolute waarheid, geen absolute werklikheid en geen absolute krag bestaan nie. Selfs ons Christene se begrip van God is besig om Drasties aangepas te word as gevolg van hierdie universele aanvaarding van voorwaardelike waarhede.
Oor 'n paar jaar sal al meer Afrikaners God nie as die enkele almagtige Opper Wese wat die heelal gemaak het en oor sy opper skepping heers beskou nie, maar as ’n algemene en onpersoonlike natuur krag. Dan sal die meeste Afrikaners nie meer aanneem dat jou God ook my God is, en dat die God van die Algemene Christelike Kerk die enigste ware God is wat bestaan nie. Die ou mense wat die oorname van kommunisme en sy goddeloosheid gevrees het, het te velde getrek teen die gevare daarvan dat Afrikaners ’n godlose nasie sou word. Hulle hoef nie meer bang te wees nie; ons as Afrikaners is besig om net die teenoorgestelde daarvan te word—ons word 'n sub-nasie met baie ingevoerde afgode. Ons aanvaar deesdae elke Jan Rap en sy Maat se uitlatings as waarheid en is traag on die waarheid te soek.
Gelukkig bly God in beheer, ongeag ons sienings en aanvaardings van sekulê afwykings. Die son sal elke dag opkom - haleluja daarvoor!
|
|
| |
View |
Aarselend
|
AARSELEND
Aarselend ww. Om besluitloos, met twyfel of onseker op te tree. halfhartig, weifelend, huiwerig, ongeneë, traag,
22 Hoe lank sal jy bly aarsel, o afkerige dogter? Want die HERE het iets nuuts op die aarde geskape: Die vrou sal die man beskerm Jer.31:22
20 Kom, gaan ondertoe en moenie aarsel om saam met hulle te gaan nie, want Ek het hulle gestuur." Hand. 10:13
Nou moet ons Christelike vryheid behandel. ’n Verduideliking hiervan behoort glad nie deur iemand wat hom ten doel stel om ’n samevatting van die leer van die evangelie te gee, agterweë gelaat te word nie. Dit is trouens ’n besonder noodsaaklike onderwerp en sonder die kennis daarvan durf mens se gewete bykans niks sonder twyfel aan nie. In baie sake is hulle aarselend en deins daarvan terug; hulle is altyd verdeeld en bevrees. Christelike vryheid is inderdaad veral ’n byvoegsel van die regverdigmaking en dra geweldig daartoe by om die krag daarvan te begryp. Calvyn, Johannes ; Simpson, H.W., vertaal deur ; Brink C.M.M., vertaal deur: Institusie van die Christelike godsdiens. Potchefstroom : Calvyn-Jubileum boekefonds, 1998, c1991, S. III, xix, 1
|
|
| |
View |
Aborsie
|
ABORSIE
ABORSIE of VRUGAFDRYWING ww. ontydige bevalling, vrugafdrywing, misgeboorte, destruksie van lewe, 'n kunsmatige miskraam, Vrugafdrywing,
Argumente teen aborsie
17omdat hy my nie doodgemaak het voor ek gebore is sodat my ma my graf kon gewees het en sy nooit in kraam kon kom nie. Je 20:17 NV
6Hy het sy eie seun as offer verbrand, hom besig gehou met goëlery, waarsêery en toordery, en meegedoen aan die oproep en raadpleging van geeste. Hy het baie verkeerde dinge gedoen in die oë van die Here en Hom uitgetart. 2 Kings 21:6 NV
19... Kies dan die lewe, dat jy kan lewe, jy en jou nageslag, Dt 30:19b OV
U het my diepste wese gevorm, my aanmekaargeweef in die skoot van my moeder...geen been van my was vir U verborge toe ek gevorm is in die geheime plek, toe ek aanmekaargeweef is diep in die moederskoot. U het my ongevormde liggaam gesien, al my lewensdae was in u boek opgeskrywe nog voordat ek gebore is. Hoe kosbaar is U gedagtes oor my, o God, hoe ontelbaar hulle almal! Ps 139:13 - 17 MV
In 1944, a forty-one-year-old woman sought an abortion from her doctor. He firmly refused, asserting that abortion was just not right, morally, ethically, or legally. The woman later gave birth to a baby boy and named him James Robison. This unwanted child grew up to become a well-known evangelist. God has a plan for every human life, even those who are not wanted. Green, Michael P: Illustrations for Biblical Preaching :Baker Book House, 1989
Ballad of the Aborted Unborn
My shining feet will never run on early morning lawn;
my feet were crushed before they had a chance to greet the dawn.
My fingers now will never stretch to touch the winning tape;
my race was done before I learned the smallest steps to take.
My growing height will never be recorded on the wall;
my growth was stopped when I was still unseen, and very small.
My lips and tongue will never taste the good fruits of the earth;
for I myself was judged to be a fruit of little worth.
My eyes will never scan the sky for my high-flying kite;
for when still blind, destroyed were they in the black womb of night.
I’ll never stand upon a hill, Spring’s winds in my hair;
aborted winds of thought closed in on Motherhood’s despair.
I’ll never walk the shores of life or know the tides of time;
for I was coming but unloved, and that my only crime.
Nameless am I, a grain of sand, one of the countless dead;
but the deed that made me ashen grey floats on seas of red.
Fay Clayton
Die huidige Landswette bepaal dat 'n dogter vanaf 14 Jaar ouderdom self mag besluit oor 'n Aborsie. Sy moet net behoorlik ingelig word oor die keuse wat sy maak deur 'n opgeleide berader in die verband. Die vraag in die mens se hart is sekerlik:
Betreffende Swangerskap en Aborsie is die vraag: Wanneer begin lewe?
Is dit met bevrugting wanneer daar slegs 2 selle is?
Begin lewe wanneer die selle reeds meervoudig verdeel het?
Begin lewe nadat die ovum of eiertjie bevrug is?
Begin lewe nadat dit deur die eier leiers beweeg het tot in die baarmoeder?
Begin lewe nadat die bevrugte eiertjie aan die baarmoederwand geheg het?
Begin lewe nadat die Embryo in 'n Fetus verander het?
Swangerskap en nuwe lewe
Ons glo dat swangerskap en dus nuwe lewe begin wanneer die bevrugte ovum aan die baarmoeder wand heg. Die baarmoeder begin dan dadelik om bloed toevoer te verseker vir die nuwe aankomeling. Hier aanvaar ons die teks hier genoem as voldoende bewys hiervoor. Lees self wat sê God se woord hieroor: " Want Ú het my niere gevorm, my in my moeder se skoot geweef." lees verder "15...toe ek aanmekaargeweef is diep in die moederskoot. 16U het my al gesien toe ek nog ongebore was, al my lewensdae was in u boek opgeskrywe nog voordat ek gebore is." Ps 139:13. 15b-16 OV
Swangerskap en nuwe lewe aborsie
Eerstens kyk ons na die Bybel vir 'n historiese siening van lewe en die gevolge daaraan verbonde wanneer iemand hierdie lewe sou vernietig. Daar was deurgans 'n eenduigige riglyn. Daardie persoon se lewe vir die lewe wat geneem is!
13 "Jy mag nie moord pleeg nie. Ex. 20:13
6 As iemand 'n mens doodmaak, moet die mense hom ook doodmaak, want Ek het die mens na my ewebeeld gemaak. 7Julle moet baie kinders hê en meer word sodat julle orals op die aarde kan woon en beheer daaroor kan hê." Gen. 9:6
Aborsie en die Bybel
The contemporary debate over abortion usually pits pro-life advocates against those who hold to the pro-choice position. To pro-lifers, life in the womb begins at the moment of conception. This life, like all human life, should be respected as a gift from God. They speak of the fetus as an “unborn child,” and they see abortion as the killing of that child.
Pro-choicers, on the other hand, do not recognize the fetus as a person until it becomes viable (able to live on its own) or until the moment of birth. Thus the fetus has no rights apart from the woman. Only the woman who carries the fetus has the right to decide whether it will be born or not. If carrying the fetus to full term will have a negative effect on her physical or emotional health, abortion may be medically warranted.
There are other considerations in the abortion issue that need to be taken into account along with the “when-does-life-begin” question. Many people of faith cite biblical principles that they believe speak directly to this controversial subject.
1. Human beings are made in the image of God. Genesis 1:27 declares, “So God created man in His own image.” We are more than a batch of random cells thrown together in haphazard fashion. As human beings, we reflect the eternal God, who called us into being with design and purpose. Each person, even the unborn, has the right to achieve the potential for which he was created.
2. Children are a blessing from God. The psalmist declared, “Behold, children are a heritage from the Lord, the fruit of the womb is His reward” (Ps. 127:3). Parents cooperate with God in bringing human life into the world. We have the right to participate in the creative process but not to take the life of the innocent unborn.
3. Life is sacred to God. Because life is sacred to God, we are commanded not to murder (Ex. 20:13). No life is to be taken without a justifiable reason. God is the Creator and giver of life. Only He has the sovereign right to take life away.
The Creator’s Craftsmanship
Psalm 139 speaks of God’s intimate knowledge of each individual. He has that knowledge because He has created each person from the womb (Ps. 139:13).
The Hebrew word translated “formed” (or “created” in some translations) is not bara, which conveys the idea of creation from nothing (compare Gen. 1:1), but qanah, which has to do with ownership. God knows us intimately because He owns us. He is like the inventor who carefully designs and builds a device and then becomes the owner of its patent.
Paired with qanah is a word translated “covered” (or “knit together”). This language communicates the idea of a person’s body and soul being intricately molded and crocheted together in the mother’s womb. It is a process that involves time, skill, and craftsmanship.
People are not thrown together haphazardly, even less do they come together through random processes. Rather, God intentionally and masterfully creates human life in the womb. He works everything together into a whole, according to His will.
The same God whose mind and power fashioned the stars, the seas, the animals, and all other human beings has carefully, intentionally, and individually crafted you. That means you are unique. No one else has been given exactly the same makeup as God has given you...Taken from: What does the Bible say about--
|
|
| |
View |
Aggressief
|
AGGRESSIEF
Aggressief b.nw. Iemand wat veglustig, bakleierig of aanvallend in die huwelik optree. Katterig, jaloers, heftig, twisgierig, twissoekerig, Op jou agterpote
3 geen drinker, geen vegter, geen vuilgewinsoeker nie, maar vriendelik; geen strydlustige, geen geldgierige nie; 4 een wat sy eie huis goed regeer en sy kinders met alle waardigheid in onderdanigheid hou. 1 Tim. 3:3-4
|
|
| |
View |
Akkuraat
|
AKKURAAT
Akkuraat b.nw. 'n Persoon of instrument wat met presiesheid 'n taak uitvoer. Die werker is akkuraat / noukeurig in sy taak uitvoering want hy maak nie foute nie. trefseker, eksie-perfeksie, deeglik, foutloos, suiwer, sekuur, haarfyn, noukeurig, sorgvuldig, sekuur, presies, volmaak,
'n Regte weegtoestel kom van die Here... Spr. 16:11
|
|
| |
View |
Amasone Seks
|
AMASONE POSISIE
Hierdie posisie is die vrou bo en sy pen die man met haar hande vas. Die vrou beheer die hele situasie en die man is bloot net "daar"
|
|
| |
View |
Ambisieus
|
AMBISIEUS
Ambisieus b.nw. n persoon met 'n sterk begeerte om iets te wees of te bereik ter wille van die eer wat daaraan gekoppel word of aangevuur te word om sy ideale te verwesenlik. (Bruce Fordice was aangevuur om 10 agtereenvolgende Comrades wedlope te wen) volhardend, dinamies, doelgerig, lewenskragtig, vooruitstrewend, ondernemend, hoogvlieënd,
JAKOBUS (seun van Sebedeus. Hy en sy broer Johannes het as die "Seuns van die Donder" bekend gestaan) Mk 4:9
Eienskappe: Ambisieus, vinnige geaardheid, vinnig om te veroordeel, maar opreg in sy toewyding aan Jesus. (Van Wil Vosloo, and Van Rensburg Fika J.: Die Bybel in Praktyk (Nuwe Vertaling). Vereeniging : Christelike Uitgewersmaatskappy, 1997, c1993, S.)
|
|
| |
View |
Anus
|
ANUS
Anus s.nw. Uitmonding van die dermkanaal waardeur ontlasting gestoot word; aars, fondament, gat. Die laaste deel van die Dikderm. lende stert, agterent, agterwêreld, agterstel, agterstewe, ners, nersderm, hol (plat), poephol (plat),
|
|
| |
View |
Areola
|
AREOLA
Areola s.nw. Donker gekleurde ring om die tepel of uiteinde van 'n vrou of man se bors; deel van bors waaraan die lippe raak wanneer babas aan hulle ma se bors suig
|
|
| |
View |
Atmosfeer
|
ATMOSFEER
Atmosfeer b.nw & bw. ingesteldheid, stemming, vakansiestemming, ondertoon, gewaarwording, ervaring, Daar heers 'n kalm asmosfeer in ons huishouding
|
|
| |
View |
Avontuurlik
|
AVONTUURLIK - AVONTURIER
Avontuurlik b.nw. & bw. Haar man het ridderlikke eienskappe, Sy is waagmoedig om nog kinder te wil aanneem met reeds twee op die juppe. Hulle beleef 'n opwindende en gebeurtenisvolle huwelik
Iemand wat nuwe en uitdagende onderneming sal aanpak met 'n vasberadenheid om dit te bemeester om
|
|
| |
View |
Analities
|
ANALITIES
Analities b.nw. & bw. Ontledend, onsydig,
Hou daarvan om dele of onderafdelings van 'n eenheid te bestudeer vir hulle behoorlike doelmatige verband met die geheel
Bv. Eerstevrug is 'n Ou Testament begrip wat in die Nuwe Testament ook voorkom maar met 'n totaal ander betekenis as in die oorspronklike toepassing. Vir meeste kerkgangers maak beide begrippe in elk geval nie saak nie! Hulle is nie analities nie.
|
|
| |
View |
Angs
|
ANGS
Angs ww. & b.nw. vrees, onbewuste stres, onrus, verskrik, verontrus, beproewing, vervaard, benoudheid, vreesgevoel, onsekerheid, verontrusting, paniek, sielskwelling, sielsfoltering, geestelike marteling,
10 Wees nie bevrees nie, want Ek is met jou; kyk nie angstig rond nie, want Ek is jou God. Ek versterk jou, ook help Ek jou, ook ondersteun Ek jou met my reddende regterhand. Is 41:10 OV
5 My hart krimp inmekaar in my binneste, en verskrikkinge van die dood het op my geval.
6 Vrees en bewing kom oor my, en angs oordek my. Ps. 55:5-6 OV
48 Toe Maria en Josef vir Jesus daar sien, was hulle baie omgekrap. Maria het dadelik vir hom gesê: “Hoe kon jy so iets aan ons doen? Ons is al dood van bekommernis oor jou. Drie dae lank soek ons oral na jou!” Luk. 2:48 BV
Almal wat hulle deur die Heilige Gees laat lei, is kinders van God. As julle hierdie keuse maak, is julle nie langer slawe van dinge soos angs en vrees nie. Rom 8:14 BV
’n Gelowige geniet die lewe., ongelowiges is lewendig dood. Hulle ken net angs en vrees.Spr 12:28
Daar word probleme uit die toekoms geleen. Dit word gewaarborg om verdere probleme in die hede te skep...Harold Hill
.
Definisie vir angs:
Angs is abnormale onbewuste emosionele spanning.
Voorbeeld van angs :
Wanneer jy rustig in ‘n vertrek sit en skielik slaan ‘n deur hard toe neffens by jou. Jy skrik jou koud totdat jy besef dit was die wind wat die deur toegeslaan het. Daardie gevoel duur dan nog ‘n tydjie en vervaag stadig totdat jy weer kalm is en jou hart tot ruste gekom het. Angs is presies dieselfde behalwe dat jy nie daarvan bewus is nie en jy ook nie die antwoord daarop het nie. Hierdie toestand duur in jou liggaam en gees voort vir jare totdat jy dit uit die onderbewuste uithaal en hanteer. Dus jou emosionele deur wat toegeklap het word nou opgeklaar.
Angs is dus die grootste onbewuste vyand van die mens. Dit hou direk verband met geestelike volwassenheid. Die mens se grootste probleem waarmee hy moet deel is om die onbewuste hartseer van sy kinderjare te identifiseer en agter die rug te kry.Hy moet dus outonoom of los van sy kinderjare wees. Die hartseer van die verlede moet na die bewuste gebring word en verwerk word. Heeltemal opgelos word van ten minste daardie persoon se kant. Baie male is dit nie moontlik om die gevolge heeltemal te neutraliseer nie. Bv. ‘n Aangenome kind vind na baie jare sy eie ouers en vind dan uit dat die ouers niks met hom te doen wil hê nie. Die mens kan homself gelukkig ag as hy die hartseer van sy kinderdae kan verwerk voordat hy 40 jaar oud is. Meeste mense word daarmee oud!
In die huwelik is daar dan nie huweliksprobleme nie maar persoonlikheidsprobleme wat angs veroorsaak en nie opgelos is nie. Dus geestelike volwassenheid wat nog nie volkome beleef word nie. Lees Paulus se uitspraak. 28Hóm verkondig ons deurdat ons alle mense met alle moontlike wysheid onderrig en leer, sodat ons elke mens tot geestelike volwassenheid in Christus kan bring. Kol. 1:28
Angs is dan ook die afwesigheid van Totale Vrede = "Shalom" in 'n persoon se lewe!
Shalom verskyn +100 keer in die Bybel en kan vertaal word met die volgende (gesamentlik) begrippe = Heelheid, Volheid, Afgehandel, Perfek gemaak, Totale Verlossing, Totale Vrede, Restorasie, Onderwerping aan God se wil, In Vrede, Perfek, Versorgd, Goeie Gesondheid, Gekunsteld, Gesondheid, Totale Genesing (Jes. 53:5), met sagtheid en vatsoenlik. Sien ook Vine's Complete Expository Dictionary of Old and New Testament Words vir meer oor Shalom
Ek ken nie 'n enkele woord IN ENIGE ANDER TAAL met dieselfde diepte as SHALOM nie!
Lees hieronder meer oor angs
|
|
| |
View |
Armoede
|
ARMOEDE
Armoede b.nw. & bw. onvermoënd, behoeftige, armlastige, pouperisme, tekort aan lewensbehoeftes, in elende lewe, versukkeld, verwaarloosde gesin, swaarkry,
9Julle ken die genade van ons Here Jesus Christus: hoewel Hy ryk was, het Hy ter wille van julle arm geword, sodat julle deur sy armoede ryk kon word. 2 Kor 8:9 NV
Afskeepwerk en bedrog lei tot afdanking en armoede.Spr 14:35 BV
|
|
| |
View |
Astrant
|
ASTRANT
Astrant b.nw. & bw. onbeskaamd, verstout, vrypostig, vreesloos, uittartend, vermetel, onbeskof, sonder om te blik of bloos.
Kom vertoonagtig en luisterryk voor en is soms te luidrugtig en prominent.
13Sy gryp die jongman en soen hom, onbeskaamd sê sy vir hom: 14“Ek moes maaltydoffers bring en ek het vandag juis my geloftes betaal. Pr 7:13 NV
10Hulle is heeltemal gevoelloos en praat verskriklik astrant. Ps 17:10 BV
10 They refuse to show mercy, and they keep bragging. Ps 17:10 CEV
|
|
| |
View |
Alledaags
|
ALLEDAAGS
Alledaags b.nw. & bw. gelykvloers, doodgewoon, banaal. platvloers, karakterloos, invormeel, niks besonders nie, onglansryk, ordinêr, onromanties, plat, prosaïes, triviaal,
"n Persoon wat die middeweg kies sonder hoogtepunte en laagtepunte, wys ook nie baie of selfs enige emosie nie.
27Silwer het hy in Jerusalem so alledaags soos klippe gemaak en seders soos die wildevyebome in die Laeveld. 2 Ch 9:27 NV
21Het die pottebakker nie die reg om uit dieselfde klomp klei iets besonders én iets alledaags te maak nie? Ro 9:21 NV
|
|
| |
|
|