Hernu julle Huwelik Beloftes aan mekaar tydens 'n Huweliksverryking seminaar naweek

Soos Jan & Gerda Potgieter op Saterdag 30 Oktober 2010  hulle "Ruby" huweliksherdenking (40 Jaar getroud, daarom die rooi as tema) gevier het, kan julle ook 'n verskil maak aan julle huwelik. Hulle het 'n wonderlike byeenkoms in hulle voortuin met 51 vriende en familie gedeel. Hier tydens het hulle die herbevestiging van hulle Huweliksbeloftes gedoen. Hulle het ook hulle troupand herbevestig deur weer seremonieël hulle trou ringe vir mekaar aan te steek. André Britz het die seremonie in sagte en ligte reën waargeneem. Die sagte reën was net vir die duur van die seremonie en het dadelik opgehou na die seremonie. Almal het dit as hemelse seën ervaar met die reënboog in die agtergrond.

Julle kan julle huwelik ook in 'n sprokie huwelik verander deur die naweek seminaar by te woon. Dit is 'n belewenis wat permanente waarde het. Die kostes dek net die uitgawes vir die seminaar en is goeie waarde vir geld, veral as die smul-lekker versnapperings en etes in aanmerking geneem word. Glo my, ons het dit reeds namens julle getoets! André en Heléne Britz bied die seminaar aan. Jan en Gerda sal ook ondersteunend wees tydens die naweek.

 Huweliksverryking Kursusse - Huwelikskursus - Huweliksverryking naweek seminaar

Huweliksverryking Naweek Seminare word voortaan net vir georganiseerde groepe aangebied. Kontak ons indien U groepie die seminaar in julle gebied aangebied wil hê.

Datum Module Tyd Begin Tyd Eindig
  Registrasie, Inleiding, 1 18:00 ±21:30
  2, 3, 4, 5, 6 08:00 ±21:30
  7, 8 08:00 ±12:30
3 Opvolg midweek aande volg hierna Praktiese groepsgesprekke 19:30

 21;00

       
       

 

 Kliek hier vir die huwelikskursus Inskrywingsvorm

 

Ons benodig minstens 8 pare wat ten volle betaal het, om kursus te laat plaasvind. Ons kan tot 15 pare per seminaar hanteer.

    Waar bespreek ons:  Vul die inskrywinsvorm vir die huwelikskursus in en stuur die voltooide vorm terug aan ons. "Kliek" hierbo vir die elektroniese vorm.

Koste:   Soos deur die organiseerders bepaal vir die volledige kursus. Ons bied die kursus gratis aan insluitende die kursus materiaal maar ons verlang net dat ons reis en verblyf kostes gedek word.

Waar word dit aangebied: By 'n plek van U keuse. bv. kerksaal of gemeenskapsaal.

Hieronder is'n paar fotos van Jan & Gerda se "Ruby" huweliksherdenking saam met 'n aantalvriende en familie, wat hulle by hulle huis in hulle voortuin gehou het. Hulle wil graag julle 10e, 15e, ens se herdenking foto ook hier plaas. e-pos dit aan hulle deur dit op die "kontak ons" vorm te plaas met julle besonderhede.

       
        
    

 

 
   
     
     

Designed by SA2000 Web And Database Development